Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Grondkwessies onder bespreking

Een van die land se voorste kenners oor grondkwessies is Donderdag 26 September die geleentheidspreker by Eikestadnuus se sake-ontbyt en dieptegesprek op die Neethlingshof-wynlandgoed.

Prof. Elmien du Plessis, assosiaat-professor in die regsfakulteit van die Noordwes-Universiteit het regsgrade in internasionale verhoudings en LLB- en LLD-grade van die Universiteit Stellenbosch.

Sy het haar doktorsgraad verwerf oor kompensasie vir die onteiening ingevolge die moontlike nuwe bepalings van die Grondwet.

Sy gee klas oor grondhervorming, inheemse reg, eiendomsreg en die interpretasie van statute. Op regeringsvlak het sy onlangs ’n regsmening van 70 bladsye vir die presidensiële paneel oor grondhervorming saamgestel waar die regsraamwerk van onteiening sonder vergoeding duidelik uiteengesit word.

Du Plessis is ’n uitgesproke kritikus van die regering se grondher­vormings­beleid en het verlede jaar in ’n onderhoud gesê dat die gesprek oor vergoeding vir onteiening nie eintlik gaan oor vergoeding of grond nie, maar eerder oor onvoltooide regsprosesse en oor geleenthede om te praat oor die herstelproses wat misgeloop is, sowel as die nasionale identiteit en samebinding.

Sy stel veral belang in hoe die reg gebruik kan word om gemeenskaplike gronde vir kwessies te vind en het ’n groot belangstelling in geregtigheid.

*  Die ontbytsessie begin om 08:30 vir 09:00 by die Neethlingshof-restaurant. Kaartjies vir die ontbyt kos R120 en kan bespreek word by Heidi Martin by 021 887 2840 of heidi.martin@eikestadnuus.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.