Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Grondsaak is wéér uitgestel
'n Gedeelte van die grond wat in Augustus deur Asla Devco gekoop is, word steeds beset.

’n Aansoek wat onlangs by die Wes-Kaapse hooggeregshof hervat is om die besetters van die Watergang-grond uit te sit, is weer uitgestel.

Regter Siraj Desai het die saak tot 6 Desember uitgestel om die Stellenbosch-munisipaliteit die geleentheid te gee om bemiddeling tussen die verskillende rolspelers te bewerkstellig.

Luidens ’n artikel op News24 het hy gesê dit is jammer dat die saak weer uitgestel moet word omdat dit vir baie mense onsekerheid oor hul behuising skep. Hy wou luidens die artikel ook weet waarom die munisipaliteit nog nie ’n oplossing kon vind vir die sowat 1 200 hutte wat vermoedelik onwettig op die grond opgerig is nie.

Hy was glo nie tevrede met die munisipaliteit se verskoning dat sy begroting vir die munisipaliteit uitdagings geskep het nie aangesien Stellenbosch “die rykste gedeelte van die land is”.

Stuart Grobbelaar, kommunika- s­iebestuurder by die munisipaliteit, sê die munisipaliteit beklemtoon weereens dat hy slegs ’n respondent is in die saak tussen die eienaar van die private grond en die mense wat dit tans beset.

“Ons neem kennis van regter Desai se kommentaar dat die munisipaliteit gesprekke met alle rolspelers moet voortsit. Hierdie gesprekke word voortgesit.”

Eikestadnuus het verlede week berig dat die munisipaliteit in onderhandelinge met WS Smit Boerdery was om die grond by Watergang te koop om dit vir ’n behuisingsprojek te gebruik.

Die grond is egter op 20 Augustus amptelik aan Asla Devco verkoop. Die spesifieke planne vir die grond is nog onbekend.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.