Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Groot gesels by Adam Small-fees
Trevor Manuel
Ettiene van Heerden
Prof. Jonathan Jansen Foto’s: Argief

Inwoners van die Dwarsriviervallei en die groter Stellenbosch-omgewing kan hope genot verwag wanneer die Adam Small-fees van 21 tot 23 Februarie in Pniël gehou word.

Verskeie van die land se meningvormers, skrywers en digters sal by dié fees te sien wees.

Bywoning van die fees is gratis benewens die Libertaskoor se optrede. Kaartjies vir dié optrede kos R50 en kan by die Pniël-museum se kantoor gekoop word om teleurstelling op die aand te voorkom.

Vir nog besonderhede of kaartjies skakel Pniël-museum in kantoorure by 021 885 2645 of Matthew Cyster by 083 324 7691.

Enigiemand is welkom om die fees, wat onder die programleier, die bekende Darryl Earl David, aangebied word, by te woon.

Die volledige program is:

Vrydag 21 Februarie

In die Pniël Congregational Kerksaal

09:15-09:30 – Verwelkoming deur eerwaarde Leon Klate

09:30-10:00: Diana Ferrus en Mengelmoes-digters praat oor 100 Echoes: Tribute to Nelson Mandela

10:00-10:30: Dominique Botha praat oor Die Mooiweer en dieWarm Koningkryk

10:30-11:00: Studente van die Universiteit van Wes-Kaapland hou ’n Pecha Kucha-sessie (storievertelling-sessie).

11:00-11:30: Tee

11:30-12:05: Merle Danhouse in gesprek met Gaireyah Frederiks oor Die Broodjie

12:05-12:55: Eleonore Damon en Matthew Cyster praat oor die storie van Pniël se mense

12:00-13:00: Vriende van Afrikaans met David Jantjies, Lukas Hanekom, Chareldine van der Merwe en Whaden Johannes hou ’n sessie vir gr. 6-8-leerders in die kerksaal. Die Pniël-biblioteek hou terselfdertyd ’n program vir kleuters by Petite-kleuterskool.

13:10-13:30: ATKV-Rieldansgroep met Morné van Staden

In Stegman-tuin by Pniël-museum

14:30-15:00: Keur van individue van ATKV se Pniël-skryfskool

15:00-15:30: Rajie Tudge praat oor Teaching the Canna Bush – My Journey Through Apartheid & Beyond

15:30-16:00: Duane Miller, Jadrick Petro-Koopman en Gaireyah Frederiks praat oorKaaps Oppie Rigterskaal

Saterdag 22 Februarie

In Kerksaal

09:30-10:00: Carmen Klate en Majorie Myburgh praat oor die Pniël-resepteboek

10:00-11:00: Etienne van Heerden praat oor Die Biblioteek aan dieeinde van die wêreld

11:00-11:30: Alettie van den Heever praat oor Stof

11:30-12:00: Teetyd

12:00-13:00: Steward van Wyk en Willem Fransman hou ’n tafelronde gesprek met Mandie Ehlers oor Adam Small se literêre en sosiale nalatenskap. Daarna volg ’n voorlesing van Lina Spies se gedig “Dekrete van Deernis”

13:00-14:00: Middagete

In die Stegman-tuin

14:00-14:30: Simone Jonker praat oor Waterfall of Moss and Son

14:30-15:00: Vernon Head praat oor A Tree for the Birds

15:00-15:30: Helen Moffet praat oor Charlotte

15:30-16:00: Desiree Martin praat oor We Don’t Talk About This - Ever

19:00-12:15: Libertaskoor bied die eerste Kô LAT ONS SING-aanbieding in die kerksaal aan.

Sondag 23 Februarie

09:00-10:00: Kerkdiens: Lat ons die Bybel oepeslaan deur prediker John de Gruchy

10:00-10:30: Trompet-opvoering deur Colin Hopley

10:30-11:10: Jonathan Jansen praat oor Lied vir Sarah, Lesse van my ma, ook beskikbaar in Engels.

11:10-11:40: Prof. John de Gruchy aan die woord

11:40-12:40: Trevor Manuel gee “A Political Commentary”

12:40-13:00: Afsluiting en bedankings deur eerwaarde Leon Klate

13:15: Middagete

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.