Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Groot prys te wen met Eikestadnuus en OBB
OBB verskaf al vir 45 jaar verf en verfprodukte aan Stellenbossers.

Dit is weer kompetisietyd en een gelukkige leser kan wegstap met ’n OBB-koopbewys ter waarde van R2 000.

OBB voorsien al 45 jaar in Stellenbosch se verf-, gereedskap- en hardewarebehoeftes en is ook gedugte verfkontrakteurs.

Besoek OBB by Andringastraat 114.

Kry jou inskrywingsvorm en eerste plakstuk in hierdie week se Eikestadnuus.

Versamel ses plakstukke oor ses weke, voltooi die vorm en plak dit op ’n koevert of poskaart.

Die volledige vorm met jou besonderhede en plakstukke kan na Plak-en-wen, Eikestadnuus, Posbus 28, Stellenbosch, 7599 gepos word, of by ons kantoor by Alexanderstraat 44 afgegee word.

Die plakstukvorm moet voor Vrydag 24 Augustus 2018 by die kantoor ingehandig word. Ons sal die wenner deur middel van ’n trekking bepaal, en dit sal in Eikestadnuus van 30 Augustus 2018 aangekondig word.

Neem asseblief kennis dat net oorspronklike vorms aanvaar sal word, nie fotostate daarvan nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.