SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Nuus
Groot slag vir toerisme

Die feit dat geen voertuie van 1 Desember af meer in die Jonkershoek-natuur­reservaat toegelaat gaan word nie, kan die doodsklok lui vir hierdie nasionale en internasionale toerismebate van Stellenbosch.

Inwoners, stappers en natuurliefhebbers het vandeesweek hul misnoeë met die aankondiging te kenne gegee en gesê die sluiting van die reservaat vir voertuie gaan ’n baie nadelige invloed op toerisme in die streek hê.

Leon Visser meen hierdie emosionele besluit raak baie mense en dit is onbekend waarom dit gedoen is.

“Die Jonkershoek-reservaat is ’n belangrike ontspannings­gerief vir gesinne van Stellenbosch en die hele Wes-Kaap. Ek weet ook nie of dit regtens toelaatbaar is vir ’n private organisasie om die reservaat net te sluit nie. Net ’n minister het daardie bevoegdheid,” aldus Visser.

Teuns Kok het gesê die feit dat voertuie nou nie meer toegelaat sal word nie, gaan ’n nadelige invloed op besoekers­getalle aan die reservaat hê.

“Gesinne wat met hul kinders na die eerste en tweede waterval gestap het, sal dit nou nie meer kan doen nie. Die sirkelroete van ongeveer 10 km sal nou te voet afgelê moet word, wat dit vir baie mense onmoontlik sal maak om die reservaat te kan benut. Die staptog tot by die gewilde Witbrug gaan toegang tot die res van die reservaat net belemmer en min mense gaan verder as dit kan loop,” het Kok verduidelik.

Nog ’n inwoner van Jonkershoek en gereelde gebruiker van die reservaat sê die sluiting beteken onder meer dat mense wat ’n ernstige lang stap- of klimroete wil volg, dit nie sal kan doen nie, want as hulle van die hek af moet stap, sal daar doodgewoon nie genoeg daglig-tyd oor wees om dit in te pas nie.VVervolg op bladsy 3.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.