Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gyselaars van taxi’s

Dinsdag se misdadige optrede deur taxibestuurders in die dorp is boewery in die ergste graad en kan nie geduld of ongestraf gelaat word nie.

’n Padblokkade om motoriste, taxi’s ingesluit, voor te keer om diegene met uitstaande boetes vas te trek, het tot ongelukkigheid onder sommige taxibestuurders gelei, wat toe begin het om paaie te blokkeer en voorwerpe in die pad aan te brand te steek. Nie een “gewone” motoris met uitstaande boetes, het aan daardie blokkades deelgeneem nie . . . Omvangryke verkeerschaos het vir die grootste deel van die oggend in die dorp geheers.

Sommige taxibestuurders se verweer dat hulle geteiken word en dat hulle nie geld het om boetes te betaal nie, hou eenvoudig nie water nie. Hoe kan jy van een misdaad beskuldig word en dan ’n ander een gebruik om dit te probeer oplos?

Almal weet dat talle taxibestuurders geen ag op padreëls slaan nie. Hulle stop en draai waar hulle wil, vleg roekeloos deur die verkeer en laai passasiers op en af soos hulle goeddink.

En as hulle weens hierdie en ander oortredings vasgevat word, is hulle onversetlik en veroorsaak chaos met verdere onwettige optrede.

Niemand is in hegtenis geneem nie – hoe verstaan ’n mens dit? Is dit dan nie onwettig om paaie te blokkeer en brande te stig nie? En die ondernemings wat skade gely het – wie vergoed hulle daarvoor?

In sulke gevalle help praat nie. Taxi-bestuurders beweer die munisipale owerhede wil nie na hulle luister nie, maar dit is geen rede om misdadig op te tree nie. Tree eers reg op, gehoorsaam padreëls en betaal uitstaande boetes, dan kan daar gepraat word – moenie met ’n rewolwer teen die kop die owerhede probeer dwing om te luister nie. Padreëls is daar vir almal se veiligheid en orde, hoekom kan taxi’s wegkom met onwettige optrede en dan die hele dorp gyselaar hou?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.