Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hare waai vir kanker

Die jaarlikse Shavathon deur die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) is Saterdag (2 Maart) in winkelsentrums oor Suid-Afrika heen gehou.

Naomi Philander, maatskaplike werker van Kansa-Boland, en haar groep vrywilligers het geld by die Eikestad-winkelsentrum ingesamel.

Volgens Philander is die eerste Shavathon in 2003 in die Oos-Kaap aangebied as ’n manier om solidariteit en ondersteuning aan kankerpasiënte te betoon omdat die verlies van hare ’n algemene newe-effek van kankerterapie is.

Sedertien word die Shavathon op nasionale vlak aangebied. As ’n blyk van ondersteuning skenk deelnemers geld om hul hare te laat skeer of met gekleurde haarsproei te laat spuit. Die skenkings word deur Kansa gebruik om sorg- en ondersteuningsdienste aan die publiek en almal wie se lewe deur kanker geraak word, te verskaf.

Maatskappye kan ook op die Shavathon-webwerf as ’n Shavathon- aanlyn korporatiewe kampioen of hul eie korporatiewe interne projekte skep waar individuele werknemers of verskillende afdelings en takke as aktiviste kan inteken.. Skakel Naomie by nphilander@cansa.org.za vir inligting oor hoe jy betrokke kan raak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.