Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hier kan jy skeppend dink en wees

Des Arts @ Bosch is ’n inisiatief van die Kunsvereniging Stellenbosch wat daarop gerig is om die visuele uitdrukkingsvermoë en kreatiwiteit van volwassenes en jong volwassenes te ontwikkel.

Dit word deur dr. Grietjie Haupt, ervare visuele kunstenaar en spesialis in die kognitiewe ontwikkeling van kreatiewe kuns- en ontwerpprosesse, aangebied.

Sy was voorheen van die Universiteit van Pretoria en woon tans buite Stellenbosch.

In samewerking met Stellenbosch Crafts Alive word ’n inleidende kortkursus in die Ou Landbousaal, Noordwal-Wesweg by Die Laan, Stellenbosch, aangebied.

Die kursus duur ses weke, Saterdae van 09:30-13:00 van 3 Oktober tot 21 November.

Daar sal elke week met behulp van materiale, ontwerpelemente en tegniese hulpmiddels gefokus word op vier stelsels van die kunsmaakproses: die konseptuele, spirituele, emosionele en perseptuele. In hierdie kursus gaan dit meer oor die proses as oor die eindproduk.

Die datums is Saterdag 3, 10, 17 Oktober en 7, 14, 21 November. Die tarief is R2 000, materiaal uitgesluit en lede van die kunsvereniging kry ’n afslag van R180.

Om vir hierdie opwindende eksperimentele reeks kreatiewe ervarings te bespreek en vir besonderhede oor materiaal, kontak Laura Jonck by die kantoor van die Kunsvereniging Stellenbosch Maandag, Woensdag of Vrydag van 09:00 – 13:00. Vir nog inligting skakel 021 808 3668 of kunsartstel@sun.ac.za

V Opvolgkursus 2021

Die Des Arts @ Bosch Kreatiwiteitskursus vorm die grondslag vir ’n reeks klasse, aangebied deur dr. Grietjie Haupt en kollegas wat in Februarie 2021 in die Ou Landbousaal ’n aanvang neem. Hierdie modulêre klasse sluit in: komposisie, kleur, teken, skilder (olieverf, akriel, waterverf) en konseptualisering. Studente wat die kreatiwiteitskursus voltooi het, kry voorkeur en kan teen ’n afslag van 5% vir die opvolgkursusse inskryf.

Die kreatiwiteitskursus sal op aanvraag in 2021 herhaal word. Vir nog inligting, bel Haupt by 082 789 7298.

Om vir enige van die modulêre spesialisvelde te bespreek, kontak Laura Jonck by die kantoor van die Kunsvereniging Stellenbosch by 021 808 3668 of kunsartstel@sun.ac.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.