Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hier word bejaardes met deernis versorg

Dit is baie traumaties om geliefde ouers of grootouers te sien verouder tot ’n punt waar hulle nie meer na hulself kan omsien nie.

Dit breek ’n mens se hart om hulle in ’n inrigting te plaas, maar tuisversorging is ook nie noodwendig ’n oplossing nie. Hoe nou gemaak?

HOSPICARE kan u van raad bedien om hierdie proses aan te pak. Ons spesialiseer in die versorging van bejaardes en neem hulle in as permanente inwoners.

Ons uiters bekwame mediese personeel kan ’n evaluasie van die pasiënt se fisieke toestand en ook die familie se omstandighede doen, en daarna ’n aanbeveling doen ten opsigte van die verskillende bekostigbare opsies van versorging. Dit is belangrik om te weet dat ons span die pasiënt se belange eerste stel.

HOSPICARE lewer ook ’n diens in die luukse bystandsversorgingseenhede vir inwoners wat nie volle versorging benodig nie. Verskillende versorgingspakkette waaruit inwoners kan kies, is beskikbaar.

Verswakte bejaardes kan ook ’n keuse uitoefen om ’n eenheid te huur of lewensreg te koop.

HOSPICARE voorsien verder in die spesifieke behoeftes en versorging van Alzheimers en demensie-pasiënte, vir wie ’n spesifieke vleuel met eie versorgingspersoneel en ’n veilige, luukse afdeling met afsonderlike fasiliteite soos ’n lees-, TV- en sitkamer ingerig is.

HOSPICARE Stellenbosch bied die volgende voordele:

. Mediese personeel 24 uur elke dag

. Verskeie interessante aktiwiteite waaraan bejaardes kan deelneem

. Basiese manikure en voetversorging

. Basiese haarversorging

. Fisieke versorging van bejaarde / verswakte in geheel

. Volle verpleegkundige dienste soos benodig

. Drie volledige maaltye en drie kleiner maaltye tussenin.

. Wasgoed word op die perseel gedoen

. DStv-punte – elke pasiënt moet ’n eie kontrak, dekodeerder en TV hê

. Lugversorging in elke eenheid

HOSPICARE het ook eenhede in Hermanus, Hartenbos, Gauteng en Heidelberg

Ons nooi u uit om besoek af te lê by ons eenheid – skakel gerus vir ’n afspraak: Elsje Schoeman by 064 170 6063 /elsje@hospicare.co.za.

Ons is geleë in Jan Celliersstraat 12, direk langs die Agape-aftree-oord, Stellenbosch.

Besoek ons webtuiste www.hospicare.co.za

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.