Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hoe nou gemaak?

Baie is al gesê en geskryf oor die moets en moenies van mini-sirkels. Spesifieke padreëls is op mini-sirkels van toepassing, het verskeie mense al vir ons uitgewys. Die praktyk van die saak is egter nie so eenvoudig nie.

Omdat ons geleer is om toe te gee na regs, kyk ’n mens van nature na regs wanneer jy ’n sirkel nader. Wanneer dit ’n enkelbaanpad is, sal ’n mens dalk nog die bordjies sien waarop die prosedure verduidelik word (naamlik dat die voertuig wat eerste by die streep was, reg van weg het), maar as dit ’n dubbelbaanpad is, is die kans baie klein. Die meeste plaaslike bestuurders weet nou al van hierdie reël, maar besoekers kan nie verkwalik word as hulle so konsentreer op die sirkel en die verkeer dat hulle dit miskyk nie.

Verlede week het iets gebeur wat my laat besef dat dit nie net die publiek is wat op hierdie manier (met die bordjies wat sê wat ’n mens moet doen) opgevoed moet word nie. Ek was in Piet Retiefstraat op pad in die dorp in (dus in ’n noordelike rigting). By die mini-sirkel by Dorpstraat het ek oudergewoonte gewag om te kyk of die voertuie wat in Dorpstraat afry (dubbelbaanpad), vir my gaan wag (ek was eerste by die streep). Soos verskeie keer in die verlede, het hulle die een na die ander gery sonder om eens spoed te verminder.

Ek sien toe ’n voertuig van die verkeersdepartement aankom en dink toe dié sal vir my wag, maar die bestuurder het net soos die voertuie voor hom/haar direk oorgery sonder om eens in my rigting te kyk.

My vraag is nou: as verkeersbeamptes nie eens die reëls rakende mini-sirkels ken en/of toepas nie, hoe kan dit van die publiek verwag word?

Christa de Wet,
Die Boord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.