SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nuus
‘Hompies’ moet só wees

In verlede week se Onder die Eik het Bun Booyens sy frustrasie met Stellenbosch se “spoedhompies” uitgespreek.

Te oordeel aan Eikestadnuus se lesers is hy nie die enigste een nie. Lesers het in hul Facebook-kommentaar veral verwys na die wisselvallige hoogte van spoedhobbels.

Stuart Grobbelaar, kommunikasiebestuurder by die Stellenbosch-munisipaliteit, sê enige spoedhobbel moet aan sekere spesifikasies en voorgeskrewe vereistes voldoen.

“Spoedhobbels word volgens hierdie spesifikasies gebou en hulle word gereeld nagegaan om te verseker dat hulle aan die voorgeskrewe vereistes voldoen.

“Wanneer werk aan ’n pad gedoen word of waterpype herstel word, word enige spoedhobbels op die betrokke pad spesifiek herevalueer om te verseker dat dit steeds aan vereistes voldoen.”

Hy sê verder die munisipaliteit ontvang af en toe klagtes oor spoedhobbels. Hierdie klagtes word deur die munisipaliteit se ingenieursdepartement ondersoek en herstelwerk word uitgevoer indien nodig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.