Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Huis Horison kry nog bome

AfriForum se Stellenbosch-tak het Donderdag, 12 November drie Kaapse essenhoutbome (Ekebergia capensis) by Huis Horison geplant.

Volgens Ria Crafford, omgewings­beampte van AfriForum se Stellenbosch-tak, sal die bome eendag welkome koelte teen die somerhitte bied, terwyl die versorging van die bome deel van Huis Horison se eko-terapieprogram vir inwoners sal uitmaak.

Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland, sê dié burgerregteorganisasie het vanjaar meer as 3 000 bome landwyd geplant.

“Deur inheemse bome te plant, is ons nie net besig om die omgewing te bewaar nie, maar wys ook ons het hoop vir die toekoms. Die algemene boom wat AfriForum vanjaar veral plant, is die Kaapse essenhout,” sê Van Heerden.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by die projek betrokke te raak en deel te word van ’n vooruitstrewende en groener toekoms.

V Om aan te sluit by AfriForum se Stellenbosch-tak: SMS “Stellenbosch” na 45265 (R1).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.