Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hulp vir skoolmeisies

Die Kylemore-liefdadigheidstigting (KCF) in samewerking met dr. Fernando Adams het ongeveer 23 000 sanitêre doekies as deel van die inisiatiefKeeping Girls in Schoolingesamel.

Sowat 13 000 daarvan, asook ander toiletware insluitend tandeborsels en waslappe, is Vrydag 31 Augustus aan Hoërskool Kylemore geskenk.

Die res is aan Perseverance Sekondêre Skool in Belhar geskenk.

By die oorhandigingseremonie het sprekers, insluitend Theola Langenhoven, leerders aangemoedig om gebruik te maak van dié projek.

“Daar is so baie meisies wat nie skool toe gaan nie omdat hulle nie sanitêre doekies het nie. Ons wil julle help om in die skool te bly,” het sy gesê. Sy en haar man, Keith, het met die insamelings gehelp.

Kapt. Anthea Snyder van die Valke se misdaadondersoekeenheid en dr. Adams het die leerders aangemoedig om verby hul omstandighede te kyk en hard in die skool te werk.

“Bemagtig jouself. Opvoeding is die sleutel tot alles,” het Snyders gesê. Sy het ook leerders oor boelies en die gevare van sosiale media ingelig.

Angelo Lawrence, voorsitter van die KCF, sê die stigting se aanvanklike doel was om 10 000 sanitêre doekies in te samel, maar hy het sy teiken oorskry vanweë die ondersteuning wat hulle uit die gemeenskap gekry het. “Ons wens is om kinders te inspireer – om in die skool te bly is jou sleutel tot sukses.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.