Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inwoners wy voetpad in

Langverwag Aftreeoord het Woensdag 16 Oktober ’n inwydingseremonie vir hul nuwe voetpaadjie gehou.

“Ons het lekker pret gehad. Dit is met vonkelwyn en ’n lintknipseremonie gevier,” het Heloise Burger, die bestuurder, vertel.

Van die inwoners het daarna resies gehou en dié wat die meeste rondtes om die gebou geloop het, is met ’n prys beloon.

“Ons Langverwag-inwoners is baie aktief – selfs dié wat in rolstoele is of met looprame en kieries loop, het deelgeneem. Ons dank die Hemelse Vader vir Sy genadehand oor Langverwag, sy inwoners en werkers. Dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het. Ons by Langverwag is geseënd!”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.