Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Is dit alles die moeite werd?

Hoe lank nog voor nóg restaurante en ondernemings hul deure weens Covid-19 moet sluit?

Betogings deur werkgewers en werknemers in die restaurant- en gasvryheidsbedryf het weer die lig gewerp op die besluite van die regering om alkoholverkope te stop en ook die aandklok weer in te stel.

Hierdie twee maatreëls is deur die regering ingestel om die kurwe van die verspreiding van die koronavirus af te plat om sodoende soveel lewens moontlik te kan red.

Maar, red dit werklik meer lewens of het die regering net vir homself nog ’n probleem veroorsaak? Op die oog af blyk dit ’n goeie plan te wees, maar in werklikheid staar die regering ’n ander uitdaging in die gesig – werkloosheid. En een wat tot erger nagevolge vir die land se ekonomie kan lei.

Die verbod op die verkoop van alkohol het reeds tot mil­jarde rand se verlies vir die wynbedryf gelei en nou is dit die restaurante en spysenieringsbedryf se beurt.

Sommige werkgewers moes reeds van hul personeel afdank omdat daar geen inkomste is nie.

Ander werkgewers het lenings aange­gaan om net die helfte van hul perso­neellede se salaris te kan betaal, maar daardie geld gaan nie lank hou nie – inteendeel, dit is seker al op.

Dit is nie nuus dat ’n groot aantal Stellenbosch-inwoners en inwoners van omliggende dorpe in die gasvryheids­bedryf of in restaurante werk nie.

Dit is immers een van die land se bekendste toeriste-aantreklikhede. Daarom is dit juis vir dié rede dat Stellenbosch so diep hierdeur geraak word.

Gesinne ly honger, broodwinners weet nie meer watter kant toe nie en die een reël op die ander word toegepas om die virus te bekamp en nie een plan word gemaak om die plaaslike ekonomie aan die gang te hou nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.