Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Is etikette regtig nodig?

Groot gewag is die afgelope week of wat gemaak oor ’n boek oor Stellenbosch se voorste sakemanne wat allerweë as die Stellenbosch Mafia gebrandmerk is.

’n Hele aantal mense het ook die bekendstelling van die boek hier ter plaatse bygewoon en dit was verblydend om te sien dat die gehoor uit verteenwoordigers van alle gemeenskappe van Stellenbosch bestaan het. Nie een van die sogenaamde mafia-lede was egter teenwoordig nie.

Wat opgeval het tydens die gesprek oor die boek is dat inwoners van Stellenbosch eintlik gebrandmerk word en met ’n etiket om die nek voorgehou word as ryk, beterweterige mense wat hul eie belange vooropstel en min omgee vir ander. Dat hulle hul rykdom self om die nek hang en nie omgee wat van ander mense, ook in die groter Suid-Afrika, word nie.

Om ryk te wees is nie verkeerd nie en as die rykdom op ’n etiese, eerlike manier en met volgehoue harde werk oor baie jare verdien is, is daar ook niks wat daarteen gesê kan word nie. En as mense in dieselfde sakekringe beweeg en ondernemings bedryf wat by mekaar se sakebelange aanklank vind, kan daar ook niks daarteen gesê word as hulle mekaar in die proses ondersteun nie.

Enkele weke gelede het ’n bekende Stellenbosser in ons rubriek “Onder die Eik” ook geskryf dat inwoners van die dorp wat baie jare lank ’n betekenisvolle rol in die dorp en sy verskeidenheid bedrywighede gespeel het, as “inkommers” geëtiketteer word.

Hierdie etikette het dikwels ’n negatiewe konnotasie en word ook baiekeer om mense se nekke gehang wat dit nie verdien nie.

En die Stellenbosse mafia bestaan ook nie in die ware Italiaanse sin van die woord nie. Dalk tong-in-die-kies ja, maar as ’n mens bietjie gaan kyk na al die goeie werk wat hierdie geëtiketteerdes doen, vervaag die beeld van dik sigare en geïmpliseerde onderduimsheid gou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.