Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Is selfone nou ons ‘real life’?

Deesdae, met al hierdie selfoon-gedoentes wat die lug laat gons, word elkeen besig gehou met ’n stille geklets waar the fingers the talking doen met boodskappies dat die derde oorlog dalk aan die kom is.

Mensig, ek is jaloers, want my phone kan net abc spel en as ek dit moet gebruik, beperk ek myself tot aaaaaa, ’n lewenskreet om aan te dui dat ek nog hier is. Maar die kreet is silent, want die phone het ons stemme weggeneem. Nou moet ons dit op ’n skerm lees.

Ek kan my verbeel hoe Noag moes gevoel het toe hy oor die woelige waters bel na die ouens wat agterweë gelaat is om nog kans te kry om aan boord te kom. Ja, Noag het ook ’n phone gehad, of liewers – Noag ís die phone, en dit behoort aan my. Het jy al jou phone ’n naam gegee? Wat van Johnnie Lastig of Auntie Klets of miskien Meisie Peisie? Jou phone het mos sy eie I.D. genaamd Sim, wat wonderlike kontak met die buitewêreld behou.

Hierdie lawwe praatjie hierbo laat my sidder as ek sien hoe die selfoon ons lewe – net soos Covid – oorneem. As ons nie versigtig is nie, gaan ons eendag soos Queen sing: “Is this the real life?

“Is this just fantasy?

“Caught in a landside,

“No escape from reality . . .”

En met hierdie “Bohemian Rhapsody” wil ons die lewe aanpak wat maar met ’n filosofie wat meestal van ons aanhang en ge-caught word in a landslide en verlore raak in die hum drum van ’n doodgewone lewe. Met die TV deesdae kry ’n mens so die gevoel dat ons soos Israeliete van ouds in die woestyn ronddwaal op soek na ’n tuiste. Met hierdie skrywe nou moet ek versigtig wees om politically correct te wees as die phones gons oor die konflik tussen Jood en Palestyn. Dis van so ’n aard dat emosies op loop gaan wanneer albei hul dooies moet begrawe. It stays an ongoing battle!

Die punt wat ek wil maak, is dat daar ernstige falls by the wayside is, as ek sien hoe laaities deesdae vir ure op hul selfoon besig is om games te speel. Deesdae kan jy mos flieks ook op jou klein skermpie kyk. Dis orals so.

Deesdae lees ons glad die Bybel van ons selfoon af, en is baie gemaklik daarmee. Wat seker maar oukei is, maar ons verloor konteks en ons laat toe dat die nuwe tegnologie voorskryf hoe ons dinge moet doen so that they, wie-ever hulle is, ons money pockets kan tap.

As u nou dink dat ek uit die oude doos is, moet ek seker maar ’n nuwe naam oorweeg. Doos sal seker maar ’n goeie naam wees as ek myself toesluit in ’n boks wat my net beperk met ’n phone wat net abc kan spel. En as u dink dat ek na al die “d*se” van Zuma se kalante wys, maak u ’n groot fout, want unlike hulle, verwelkom ek die naam Doos, wat insiggewend is vir die tyd van turmoil waar Zuma nog altyd die septer swaai en ek boksbehep probeer om die cupboard wat om my is, op te skeur sodat ek beter om my kan sien en dus ook op my selfoon kan raas met mooie, blye teksversies vir onderskraging.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.