Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Italiaanse winter-inspirasie
wine
Seared Tuna with Caponata paired with TDC Sangiovese.
Die winter speel die hoofrol en is die inspirasie vir die Terra del Capo Antipasti Bar op Anthonij Rupert Wyne se seisoenale spyskaart. ’n Noukeurig saamgestelde spyskaart van eg Italiaanse disse wat bekende sowel as nuwe disse insluit, sal besoekers hierdie seisoen verwelkom.

Die Antipasti Bar se winterspyskaart is geïnspireer deur seisoenale produkte vanuit die wynlande wat gaste ’n keuse bied tussen vegetariese disse, seekos- en vleisgeregte, en ’n keur van borde om te deel. Die tapasstyl disse is die ideale pasmaats vir die landgoed se Protea-, L’Ormarins-, Cape of Good Hope-, Anthonij Rupert- en Terra del Capo-wynreekse.

’n Groot gunsteling is die mini Italiaanse burrata met artisjok, kappertjies en denneneute wat bedien word met ’n vinaigrette van wit balsamiekasyn en zataar. Vars, plaaslike salmforel in ’n gremolata crème fraiche, ingemaakte suurlemoen en waterkers, bedien met die Cape of Good Hope Semillon, sal die kollig laat val op een van die Franschhoek-vallei se beste kulinêre kombinasies.

Hoogtepunte op die winterspyskaart is die Black Angus-biefstuk (die beeste word op die landgoed self groot gemaak) en truffels wat op die Altima-landgoed verbou word. Om jou truffel-“regmaker” te kry, probeer gerus die Truffled Polenta Chips wat met ’n truffel-aioli bedien word. Die sjef HW se Italiaanse worsies gemaak van die landgoed se Black Angus-beesvleis maak ’n welkome terugkeer, asook die watertand- Angus Beef Salciccia Meatballs wat in ’n heilsame Beef Brodo bedien word.

Maar moenie jou net kom oorgee aan die heerlike Italiaanse geure en smake nie, bespreek sommer ook ’n wynproe van die landgoed se puik wyne voor of na ete. Die bekende Franschhoekse motormuseum is net ’n kort tremrit weg en sal besoekers oorweldig met sy groot verskeidenheid ou en nuwe motors, die ideale einde aan ’n dag gevul met hoogtepunte.

Die Terra del Capo-proekamer en Antipasti Bar is oop van Dinsdag tot Sondag van 10vm tot 4:30nm. Voorafbespreking is noodsaaklik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.