Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jy moet positief bly

die werklikheid; die skrif is aan die muur; ons gaan vir altyd met Covid-19 moet saamleef – of daar nou ’n teenmiddel is of nie.

Ons sal net moet.

Almal van ons word op die een of ander manier deur die Covid-19-pandemie geraak – sommige van ons erger as ander. Sommige van ons word deur die hand van die dood geruk, hetsy dit nou deur die sterfte van ’n familielid, goeie vriend of kollega is.

Covid-19 is in ons gemeenskappe ingevleg, maar wat belangrik is, is hoe ons teenoor die pandemie reageer.

’n Mens kan natuurlik enige uitdaging van die lewe op verskillende maniere aanpak, maar alles kom op net twee neer – óf jy reageer positief en gebruik die uitdaging as ’n geleentheid om verandering teweeg te bring, óf jy sit in sak en as en vergaan onder selfbejammering.

Die keuse is natuurlik joune.

Ons berig vandeesweek, soos in die afgelope paar weke, steeds oor hoe Covid-19 mense verskillend raak.

’n Familie is hartseer en soek antwoorde omdat hulle nie die laaste oomblikke saam met hul ma kon deel nie. Dit is hartseer om net daaraan te dink, juis omdat ons ouer garde so baie vir ons beteken.

Al waaraan hulle nou kan vashou, is die mooi herinneringe.

Haarkappers, van wie sommige al weke op hierdie dag voorberei, is bly om weer te kan sake doen.

En inwoners gebruik die grendeltyd om ’n verskil in hul gemeenskappe te maak, al is dit ook hoe gering.

Skoonheidspersoonlikhede begin ’n nuwe organisasie sonder winsbejag en hoop om hul gemeenskappe sodoende te inspireer.

Ons almal word deur die pandemie geraak, maar hoe ons daaroor optree, hang absoluut van onsself af.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.