Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kansa hou gesondheidsdag

Gedurende Oktober het die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) gefokus op die belangrike rol wat vroue kan speel om eienaarskap vir hul persoonlike gesondheid te aanvaar.

Volgens statistieke van die Nasionale Kankerregister (NKR) in 2014 is die topvyf-kankers wat vroue in Suid-Afrika beïnvloed die volgende: borskanker, servikale kanker, kolorektale kanker, kanker van die baarmoeder en longkanker.

“Dit is belangrik om vroue te bemagtig met kennis aangaande die verlaging van risiko’s vir kanker en algemene gesondheid onder vroue en om kennis te neem van waarskuwings­tekens. Ons moedig ook vroue aan om maandelikse selfborsondersoeke te doen, jaarlikse mediese ondersoeke te ondergaan en om gereelde siftings­toetse vir kanker te laat doen,” vertel Naomi Philander, maatskaplike werker vir Kansa-Boland.

Kansa het in Oktober ’n kanker­bewustheids­dag by die apteek by Welgevonden Spar gehou waar bors­onder­soeke, papsmere en prostaat­toetse gedoen is. “Mans was ook aangemoedig om borsondersoeke te doen omdat borskanker ook by mans gediagnoseer kan word.

Kansa hou 19 November ’n kliniek­dag by die apteek by Welgevonden Spar en moedig die inwoners aan om te kom vir borsondersoeke, papsmeer en prostaattoetse. VVir nog inligting, bel Philander by 061 209 9426.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.