Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Keelvol vir geweld
06 September 2018

“Die beskuldigdes verskyn in die hof, kry borgtog en gewoonlik begin die messtekery ná twee weke van vrede maar net weer.”

Só sê Kathleen Tarentaal, ’n in­wo­ner van Weltevreden, wat soos ander inwoners van dié gebied moeg is vir die voortslepende ge­weld waarmee hulle gereeld gekon­fron­teer word.

Sy sê die voorkoms van gereelde mesaanvalle in Weltevreden is as gevolg van bendes wat in Smartie Town woon.

Sy vertel sy self moes al ’n pleeg­kind aan die dood afstaan nadat hy aangeval is. Sy vertel ook ’n kleu­terskoolonderwyser in die gebied is in die straat doodgesteek terwyl sy met iemand gesels het.

Tarentaal sê die inwoners het al pogings aangewend om die pro­bleem aan te pak. Hulle het al hul wykraadslid versoek om hulle te help om ’n buurtwag te stig en het ook Cloetesville-polisie met hul klagtes genader. Kapt. Zenobia Sedeman, woord­voer­der van Cloetesville-polisie, sê daar is geen klagte oor bendegeweld in Smartie Town by die polisie aanhangig gemaak nie. Sy sê ook Cloetesville-polisie patrolleer gereeld.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.