Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kenner van koskultuur gegroet

Deur ’n leeftyd van navorsing en onderrig, en deur die boeke wat sy geskryf het, het Renata Coetzee plaaslik en internasionaal bewustheid en kennis van en waardering vir die koskultuurerfenis van die verskillende bevolkingsgroepe in Suid-Afrika geskep.

Coetzee is onlangs in die ouderdom van 88 in Stellenbosch, waar sy gewoon het, oorlede.

Deur media-optrede, openbare lesings en persoonlike mentorskap het sy oor baie dekades duisende vroue, en tientalle mans, bemagtig met kennis van die fyn kuns om gaste en toeriste te onthaal met voedsame, kreatiewe, outentieke kultuurkos. Verskeie van Suid-Afrika se top- restaurateurs en sjefs beskryf haar as hul rolmodel en mentor.

Akademie
  • B Sc Universiteit van Potchefstroom.
  • Teachers’ Diploma, Potchefstroom University.
  • MSc Universiteit Stellenbosch.
  • Diploma in design of large kitchens and equipment utilisation. (Michigan State University)
  • Diploma in mass catering and in-service training of catering personnel. Hotel and Restaurant Administration School, Cornell University.
  • Post-graduate course in Personnel Management, University of Pretoria.
  • Ere-PhD, Universiteit van Noord-Wes – 2007.

Sy het aan verskeie universiteite gestudeer en onderrig gegee – onder meer Potchefstroom (nou Noord-Wes), Stellenbosch, Pretoria, Wisconsin – Madison, en Cornell. In 2000 het sy die kanseliersmedalje van die Universiteit van Pretoria ontvang vir haar navorsing oor die etniese kosse van Afrika, en vir die vestiging van die grondstruktuur vir nagraadse studie in grootmaat-spyseniering. In 2007 het die Universiteit van Noord-Wes (Potchefstroom) haar met ’n ere-PhD vereer.

Coetzee se grootste bydrae is waarskynlik die deeglik wetenskaplike, maar ook stimulerende en visueel baie kunstige, dokumentasie van verskillende aspekte van Suid-Afrikaanse voedselkulture en lewenstyle. Haar belangrikste boeke is:

* Spys en Drank / South African Culinary Tradition – die kosse en voedselkulture aan die Kaap tussen 1652 en 1800. Dit dek die invloed van die slawe uit Maleisië en Indonesië, en Franse, Hollandse en Duitse setlaars. (Struik, 1977) (Uit Druk)

Funa – Food from Africa – the food and food culture of the different African ethnic groups (Butterworths, 1982) (Uit druk)

Cost-conscious Creative Catering (Renata Coetzee, 1994)

Koekemakranka – Khoi-Khoin-Kultuurgoed en Kom-Kuier-Kos – 2009 (Afrikaans) Lapa. Met Volker Miros.

Kukumakranka – Khoi-Khoin-Culture, Customs and Creative Cooking – 2010 (Engels) Lapa. Met Volker Miros.

Die hoogtepunt is waar-skynlik die boek A Feast from Nature, wat in Mei 2015 bekend gestel is. Dit is gegrond op navorsing oor meer as 15 jaar om die voedsel-erfenis van die eerste mense op aarde en hul direkte nasate op te teken en te bewaar.

In A Feast From Nature het Renata Coetzee die voedsel-kultuur van die vroegste mense, en later van die Khoi-Khoi, ondersoek. Hoewel die boek in Engels geskryf is om ’n internasionale mark te kan bereik, is ’n besondere bydrae van die boek dat Renata in baie dae van gesprekke ou Khoi-vroue en -mans (in Afrikaans), uitgevra het wat en hoe hulle oumas geöes, voorberei en geëet het. In sowel A Feast From Nature as Koekemakranka het sy ook vertellings oor kookmetodes in die volkstaal opgeskryf, met Engelse vertalings in Kukumekranka en Feast.

Loopbaan-hoogtepunte
  • Onderwys – Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria 1953 – 1956
  • University of Wisconsin, Madison
  • PU vir CHO – dosent, 1961-1966
  • Universiteit van Stellenbosch – Senior dieetkundige, verantwoordelik vir spyseniering in 21 studentekoshuise, 6 banketsale en twee kafeterias – 1966-1976.
  • Universiteit Pretoria, dosent
  • Anglo-American en De Beers – afdelingsbestuurder vir dieetkunde en spyseniering van goudmyne. 1980 – 1986.
  • Universiteit van Stellenbosch – dosent 1987-1990.

Sy het haar kundigheid as ’n voedselwetenskaplike en kos-kultuurkenner gekombineer met uitgebreide multi-dissiplinêre navorsing oor byna twee dekades. Sy bring aspekte van argeologie, paleontologie, plantkunde, genetika, geskiedenis, taalkunde, kulture en veel meer op ’n unieke manier bymekaar. Dit is die eerste boek van sy soort in Suid-Afrika, en skynbaar in die wêreld, wat op omgewings-vriendelike “stone paper” gedruk is.

Coetzee het verskeie toekennings ontvang vir haar baanbrekerswerk, navorsing, publikasies en veral pragboeke oor die verskillende inheemse voedselkulture.

In haar jongste boek het sy, bygestaan deur redakteur Truida Prekel en uitlegkunstenaar Adriaan Vorster, Africana-kunswerke en professionele foto’s deur Ernst van Jaarsveld, Volker Miros en Erik Holm, asook baie ander bronne, gebruik om die koppeling tussen evolusie, menslike ontwikkeling, koskultuur en geskiedenis oor die eeue heen duidelik voor die oog te roep.

Coetzee het oor ses dekades praatjies, demonstrasies en tradisionele maaltye aangebied vir toeriste en konferensie-gaste in Suid Afrika, en by etlike Suid-Afrikaanse ambassades oorsee en internasionale voedselfeeste. In 1996-’97 het sy ook ’n “Rainbow Cuisine-” restaurant by die Kasteel de Goede Hoop (Suid Afrika se oudste historiese gebou) gevestig en bestuur.

Sy deel veel meer as kennis oor etniese kos – sy beskryf die verband tussen kos en alle ander aspekte van kultuur, aan-bieding, voeding, menslike ontwikkeling, musiek, rituele, tradisies en tussenkulturele beleefdheid.

Ná haar aftrede het sy nog dikwels lesings gegee, konsul-tasie gedoen, unieke kultuur-historiese spyseniering vir groot funksies en toeriste en internasionaal aangebied, en ook haar restaurant in die Kasteel begin en bestuur.

Sy het verskeie lande besoek om demonstrasies oor Suid-Afrikaanse koskultuur, lesings of onthale aan te bied.

V Die dankdiens vir Renata word op Vrydag 13 Julie om 11:00 in die NG kerk in Dalsig gehou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.