Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kerke gaan nou streng reëls volg

Die heropening van kerke het al sedert vlak 3 van die inperking begin toe kerke hul deure vir gemeentelede oopgemaak het onder streng regulasies van net 50 mense wat toegelaat word. Nou op vlak 1 van inperking mag die kerk 50% van sy normale kapasiteit terugverwelkom.

Vir gemeentes soos die NG Moederkerk in Stellenbosch beteken dit hulle kan tot op 250 mense terug verwelkom, gegewe dat elke persoon vooraf ’n plek sal bespreek. Hierdie is deel van die vele voorsorgmaatreëls wat daargestel is om te sorg dat kerke veilig is vir gemeentelede.

Pastoor Aron September van die New Generation World Changers-kerk meen die kerk is gereed om te heropen en is positief om aan al die regulasies van inperkings te voldoen. Gemeentelede word verplig om hul maskers te dra en hande word by die ingangspunte ontsmet. Temperatuur word gemeet en mense sit 1,5 m tot 2 m uitmekaar. Hy sê ook daar kan van gemeentelede verwag word om minder te juig en te sing en plekbespreking is nou die nuwe werklikheid.

Ds. Marié Britz van die NG Moederkerk voeg by dat die kerk ná elke erediens deeglik skoongemaak word en kollektes word nie opgeneem nie. “Ons het reeds drie weke gelede met eredienste in die kerkgebou begin vir die 50 mense en binne die nodige protokol,” het Britz gesê.

Gemeentelede is opgewonde omdat hulle die samesyn van gelowiges gemis het en dienste word verskillend bygewoon omdat mense ook maar nog versigtig is.

Die kerke is gereed, maar is die kudde reg om in ’n nuwe era te wei?

André Moolman, ’n inwoner van Stellenbosch, voel daar behoort nie ’n verskil te wees tussen kerk toe gaan en ander plekke besoek nie. Hy sê: “My mening is net, waarom sal jy in ’n kerk jou wil distansieer terwyl jy in ’n winkel of op ’n sypaadjie teen baie ander mense verby moet skuur.” Dit is die mening van baie inwoners en hulle meen sou protokol gevolg word, is daar nie rede waarom kerke nie mag heropen nie.

Verder sê Karen Gordon: “In die kerk is daar orde en struktuur. Nakoming van gesondheidsregulasies behoort van dag een af glad nie ’n probleem te wees nie.”

Protokol bly steeds ’n groot vereiste. Kerke bied gemeentelede die opsie van bywoning of aanlyn eredienste en lidmate is welkom om te kies soos dit vir hulle die beste is.

Bejaardes en siekes word steeds aangeraai om eerder aanlyn eredienste by te woon.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.