Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Klein handjies maak mae vol

Ouers van kleuters by Karlien en Kandas-kleuterskool in Die Boord het ’n lootjie by vanjaar se kermis begin en sodoende meer as R12 000 vir Stellenbosch-voedingsaksie ingesamel.

“Dit is verblydend dat ouers hul kleuters van kleins af bewus maak deur die geldinsameling en só by te dra dat dit ’n wonderlike geleentheid is om te kan uitreik na die wat minder het,” sê Liesel Koen, bedryfshoof van Stellenbosch-voedingsaksie.

“Ons is dankbaar vir elke bydrae en dis ’n groot bemoediging as instansies soos Karlien en Kandas self die inisiatief neem om geld in te samel vir ons groot taak. Ons voorsien gebalan­seerde voeding aan ongeveer 4 000 minderbevoorregte kinders en 1 000 ander behoeftiges by ons 45 voedingspunte.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.