Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kleuters borrel

Kleuters by Rust en Vrede-plaas langs die R44 het nou ’n nuwe crèche wat Maandag 9 September amptelik geopen is.

Die crèche is toegerus met drie klaskamers, ’n kombuis, ’n onderdak-sandput en ’n rekenaarkamer.

Een van die plaaseienaars, Tjuks Roos, sê Babbel & Krabbel is reeds in 1983 geopen toe ’n leegstaande huis vir hierdie doel ingerig is. “Die ou huis is heeltemal afgebreek en oorgebou sodat elke juffrou haar eie klaskamer het. Dit is nou baie meer funksioneel vir wat ons wil bereik. Kinders wat self in die crèche was, stuur nou ook hul kinders na die crèche. Ek en my vrou kon nie kinders hê nie, dus was dit ’n ideale manier om by ons plaasmense se kinders deur middel van opvoeding betrokke te wees.”

Die plaas is ’n vyfdegeslag-familieplaas met omtrent 100 inwoners.

Die bekende voormalige Springbok-rugbykaptein Paul Roos is op die plaas gebore waar Paul Roos Wyne deesdae geproduseer word.

Toe Tjuks Roos die plaas in die 1980’s oorneem, het hy verskeie projekte begin om die inwoners op te hef, waarvan die crèche een van daardie projekte was.

Sowat 280 kinders het al deur die crèche gegaan.

Roos het in 2013 besluit om twee wyne vry te stel waarvan al die winste wat uit die verkoop van die wyne gegenereer is, aan die opvoedkundige projekte op die plaas, insluitend die crèche, bestee sou word.

Tesame met die opening van die nuwe crèche en ander geriewe het Paul Roos Wyne ook ’n spesiale wyn genaamd Susan 2016 ter herdenking van Roos se eerste vrou wat ’n paar jaar gelede oorlede is, vrygestel. Sy was in 1983 instrumenteel in die opening van die crèche.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.