Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kom dig vir groot pryse

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) bied hierdie jaar sy twaalfde gedigtekompetisie aan. Die kompetisie is tweeledig – ’n afdeling vir graad 7-12-leerlinge en ’n ope afdeling.
Verlede jaar was die drie wenners in die skole-afdeling Franselize Rossouw van die Hoërskool Hopefield, Anna-Mart Schutte van Langenhoven Gimnasium en Shannon Pretorius van Laerskool Wonderboom, wat pryse van onderskeidelik R1 500, R1 200 en R1 000 ontvang het. Daar was ook tweede, derde en aansporingspryse vir skoolkinders. Die wenner en naaswenner in die ope afdeling (met pryse van R3 000 en R2 000) was Frik Steenberg en Dirk Myburgh. Die kompetisie maak elke jaar voorsiening vir verskeie aktuele temas.
Hierdie jaar sluit dit onder meer in “Huisgenoot 100”, aangesien die tydskrif vanjaar 100 jaar oud is, en “Verwoerd 50”, aangesien HF Verwoerd 50 jaar gelede vermoor is.
Die kompetisie sluit op 30 Junie 2016 en die bekendmaking van die wenners en die oorhandiging van die pryse sal in September en November 2016 geskied. Die beste gedigte wat aan die beoordelaars se standaarde voldoen, sal in twee Bloemlesings gepubliseer word.

V Inskrywingsvorms is op die GHA se webwerf beskikbaar (www.afrikaans.org.za) en moet, saam met die gedigte, foto en ’n lewensskets, verkieslik op die webwerf gepos word (of andersins per e-pos na gha@afrikaans.­org.za gestuur word). Kontak die GHA vir meer inligting by 0 081 250 5060.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.