Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kom vier 18 jaar se kaassukses

Die Suid-Afrikaanse Kaasfees vier vanjaar van Vrydag 26 tot Sondag 28 April sy 18de bestaansjaar met ’n fees van 18 ervarings in een.

Dié “fees van die jaar” soos dit in 2018 bekroon is, beloof ’n proe-ervaring van gewilde plaaslike en internasionale kase, alternatiewe en fynproewersprodukte, sowel as uitgesoekte wyne, boetiekbier en jenewer. ’n Piazza met alles Italiaans en Raak-’n-bietjie-rustig-Vrydag vir diegene wat die fees teen ’n rustiger pas wil ervaar, is vanjaar nuut.

“Die SA Kaasfees het gegroei tot Suid-Afrika se gewildste buitelug-koservaring,” sê Johan Ehlers, uitvoerende hoof van Agri-Expo, wat die fees sedert 2002 aanbied. “Dit bied ’n platform van ongeëwenaarde waarde vir geld vir besoekers om kaas- en komplementêre produkte van sowat 150 uitstallers te proe, te koop en te geniet, en veral om vernuwende skeppings van entrepreneurs uit te toets – van insekroomys tot perlemoenpastei!”

Feesgangers kan in die Cheese Emporium die grootste verskeidenheid kase – ou gunstelinge én interessante nuwes – onder een dak proe en koop. Hier wag ’n splinternuwe Italiaanse piazza met produkte soos mozzarella, olywe, provolone, prosciutto di parma, pasta, pesto én Italiaanse gasvryheid in oorvloed.

“Uitstallings van boetiek-kaasmakerye van heinde en verre is uniek aan die SA Kaasfees,” sê Ehlers. “Ons bied jaarliks ’n geleentheid aan ’n aantal klein kaasmakers om hul unieke handgemaakte produkte aan tot 30 000 besoekers bekend te stel as deel van ons #Support #SmallCheeseMakers-projek in vennootskap met die Wes-Kaapse departement van landbou (WKDL) en Absa.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.