Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kombi’s se gebruik opgeskort
06 September 2018

Sommige inwoners van Stellenbosch mor steeds oor die teenwoordigheid van ooglopend onpadwaardige voertuie langs die Braak.

Eikestadnuus (EN 26/7) het ’n maand gelede verslag gelewer oor die kombiwrakke wat toegelaat word om langs die Braak te staan waar dit as stoorplek deur die eienaars van stalletjies op die Braak gebruik word.

Nadat klagtes ontvang is, het die munisipaliteit die eienaars ingelig dat die voertuie verwyder moet word.

Dit het geblyk dat die voertuie toe verwyder is, maar hulle maak soms nog hul verskyning.

Eikestadnuus se lesers meen egter die probleem is nie net dat die kombi’s op ’n permanente grondslag langs die Braak gestaan het nie.

Die probleem, volgens hulle, is dat die voertuie nie padwaardig is nie.

Een leser het glo ook al by die maatskappy wat Stellenbosch se parkeergeld bestuur, verneem dat die eienaars van die stalletjies ’n ooreenkoms met die munisipaliteit het waarvolgens hulle nie parkeergeld hoef te betaal nie.

Stuart Grobbelaar, kommunikasiebestuurder by die Stellenbosch-munisipaliteit, sê egter geen voertuie in daardie omgewing word parkeergeld kwytgeskeld nie.

Hy sê verder die gebruik van die drie kombi’s is ongeveer drie weke gelede deur verkeersbeamptes opgeskort – met ander woorde die voertuie se lisensieskyfies is verwyder.

“Hulle sal ’n volledige padwaardigheidstoets moet slaag voordat lisensieskyfies weer uitgereik sal word. Hulle word nie meer op die pad gebruik nie.

“Op 23 Augustus 2018 is een onpadwaardige sleepwa geskut. Op 28 Augustus is een onpadwaardige bakkie en vier onpadwaardige sleepwaens geskut. Alle wrakke is dus verwyder.”

Grobbelaar verduidelik ingevolge regulasie 320 van die nasionale padverkeersregulasies mag die owerheid wat jurisdiksie oor die betrokke plek of pad het waar ’n voertuig vir ’n ononderbroke tydperk langer as sewe dae op een plek op ’n openbare pad binne ’n stedelike gebied gelaat is, die voertuig verwyder.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.