Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Komitee van Wyk 16 hou praatjie vir vroue

Die komitee van wyk 16 in Cloetesville het Saterdag 12 Oktober ’n “let’s talk” geleentheid vir ongeveer 40 vroue gehou.

“Die idee is om nie Vrouedag tot ’n sekere maand te beperk nie, maar dat vroue elke dag erken moet word,” het Yvonne Lamberts van die komitee gesê.

Die Wyk 16-raadslid, Elsabe Vermeulen, het gesê sulke geleenthede is belangrik sodat vroue mekaar kan help.

’n Vrou het by die geselligheid om verskoning gevra omdat haar seun ’n ander vrou wat ook daar was, se seun met ’n mes gesteek het. “Dit is iets wat ek nog altyd wou doen en ek het vandag daardie geleentheid gekry,” het die vrou gesê.

“Ons sit met kwessies soos geslagsgeweld en kindermishandeling en vandag het gegaan oor hoe ons mekaar as vroue kan help, want ons vroue is by magte om iets te kan doen. Ons moet altyd laaste in die ry staan, maar ’n vrou het daai mag en krag om iets binne haar gemeenskap te kan doen,” het Vermeulen gesê. Sy het gesê van die vroue is in omstandighede wat hulle nie kan hanteer nie, maar het die geleentheid geneem om uiting te gee oor hul omstandighede.

“Dit spreek boekdele dat die vrou om verskoning gevra het vir bendegeweld.”

Die vroue het oor ’n verskeidenheid onderwerpe gepraat, waaronder vriendelikheid, liefde, geduld, vrede en vreugde.

Lamees de Klerk het die volgende oor liefde gesê: “Liefde is soos gom wat alles aanmekaar hou. Jy moet eers jouself liefhê om ander te kan liefhê. Dit het nie perke nie en geld kan nie liefde koop nie. Ons moet liefde toon aan almal met wie ons in aanraking kom.”

Die vroue is ook bederf deur vroue wat hul grimering en naels gratis gedoen het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.