Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Konyne by dosyne by kampioenskapskou

Meer as 15 verskillende konynrasse sal vanjaar te sien wees by die lente-kampioenskapskou van die Kaapse konynklub.

Die Lenteskou is die grootste konynskou in die Wes-Kaap en het vanjaar nasionale status. Die skou word die tweede agtereenvolgende jaar by Agri-Expo Livestock, van 11 tot 13 Oktober 2018, op Sandringham buite Stellenbosch aangebied.

Konynrasse wat reeds ingeskryf is, sluit in SA Angora, Netherland Dwarf, Jersey Wooly em Silver Fox.

Die Kaapse konynklub bevorder die teel van opregte konyne. Volgens Simone van Zyl is die klub oop vir alle belangegroepe, kommersiële boere, telers, liefhebbers en troeteldiereienaars.

“Verlede jaar se skou het al ons verwagtinge oortref met 142 konyne wat ingeskryf is,” sê Van Zyl. “Die Konynwerf by Agri-Expo Livestock skep die ideale platform om die publiek in te lig oor die behoorlike versorging en hantering van konyne, en om jong sowel as kommersiële telers te help.”

Troetelkonyne kan ingeskryf word vir ’n spesiale troetelkonynskou wat Saterdag 13 Oktober 10:30 plaasvind. Die publiek kan die konyne daagliks van 10:00 tot 18:00 by die Konynwerf besigtig .

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.