Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Krieketsterre baat by skenking
Tafadzwa Xaxa, Nicky Johannes (St Vincent Primêr),

Twee plaaslike krieketsterre is nou ’n bietjie nader daaraan om hul drome ’n werklikheid te maak danksy ’n skenking van Wolf Group.

Tafadzwa Xaxa en Sheldon de Vlam, twee gr.7-leerders van St Vincent Primêr, sal baat vind by die skenking van R3 800 wat Donderdag 27 September aan die skool oorhandig is.

Vir Tafadzwa gee krieket hom die geleentheid om nuwe dinge te ervaar en ook deel van ’n span te wees. Sheldon geniet ook die spanwerk en volgens hom het hy dan die geleentheid om sy talent met ander te deel.

Garth Briggs, die groep se besturende direkteur, sê sowat 200 inwoners van Stellenbosch-omgewing word deur Wolf Group in diens geneem.

Baie van Wolf Group se werknemers se kinders is leerders by die dorp se skole.

“Ons glo die land se jeug is die beste belegging vir ons toekoms. Wat ons in die jeug belê, sal eendag vir ons dividende lewer en ons kan hopelik ’n verskil vir dié twee seuns maak deur erkenning aan hul talent te gee.”

Briggs sê dit was vir hom ’n voorreg om destyds ’n leerder by ’n skool te wees wat baie sport en akademiese sukses behaal het.

“Om te presteer in sport, verg toewyding en vasberadenheid. Ons is vol hoop hierdie twee seuns sal met ons ondersteuning nou kan voortbou op hul toewyding en vasberadenheid vir hul gekose sportsoort en eendag leiers in hul gemeenskap kan raak.”

Briggs vertel verder dit is vir die Wolf Group ’n eer om weer saam met die skool te werk.

“Hierdie geleentheid is net so ’n groot eer vir die groep, ons bestuurder en personeel as wat dit vir die begunstigdes is en ons hoop van harte dat ons in vennootskappe met ander plaaslike skole kan tree om te help waar ons kan.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.