Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kry hiér hulp oor Covid-19-siekte

Indien jy onlangs oorsee gereis het of kontak gehad het met iemand wat positief vir die koronavirus getoets is, word jy aangeraai om die nasionale blitslyn (0800 029 999) of die provinsiale blitslyn (021 928 4102) te skakel.

Die operateur sal jou leiding gee of dit nodig is dat jy jouself tuis afsonder (selfs al het jy nog nie simptome nie) en of jy na ’n fasiliteit moet gaan vir afsondering. Dit beteken dat jy alle kontak met ander mense vir 14 dae moet vermy sodat die virus nie versprei nie. Dit kan wees voordat jy vir die virus getoets word of terwyl jy vir die uitslag wag.

Dit is baie belangrik dat jy jou gesondheidspraktisyn se riglyne rakende selfafsondering volg. Hulle sal dit ook aan jou verduidelik.

Kenners sal na aanleiding van jou situasie besluit of jy tuis moet wees of eerder in ’n fasiliteit vir afsondering opgeneem moet word.

Indien jy tuis bly en nog mense in jou huishouding is:

* Hou ’n afstand van een tot twee meter van ander mense in jou huishouding.

Was borde, bekers, glase en ander eetgerei voordat iemand anders in die huishouding dit gebruik.

* Almal moet gereeld hul hande was, in hul mou of ’n sakdoek hoes.

* Gee getrou terugvoer aan die kenners wat hul toestand monitor.

* As jy vrae het, kan jy ook boodskappe deur WhatsApp ontvang. Stuur “Hi” na 0600 123 456 en volg die instruksies.

Voordat jy enige video’s of ander materiaal op sosiale media versprei, maak seker dit is inligting wat van hierdie platvorms af kom: 

* www.westerncape.gov.za/coronavirus

* facebook.com/WCGHealth

http://www.nicd.ac.za/V https://www.who.int/

Bly weg van ander mense as jy siek is – dit is die belangrikste wat jy kan doen.

Om die verspreiding van kieme te verminder:

Was jou hande gereeld en hoes of nies in die waai van jou arm of in ’n sneesdoekie.

*Moenie bladskud of soen nie.

* Ontsmet gereeld oppervlaktes waaraan jy baie vat, soos deurhandvatsels, werkoppervlaktes, en tafels.

* Verbeter ventilasie by die huis deur vensters oop te maak.

*Gaan so min as moontlik winkel toe. V Heroorweeg uitstappies en reis. Bly eerder tuis.

As jy van openbare vervoer gebruik maak, maak asseblief soveel vensters as moontlik oop en gebruik handreinigers om jou hande te ontsmet. Bedek jou neus en mond as jy hoes of nies. Vermy groot byeenkomste, openbare ruimtes en skares om die verspreiding van Covid-19 te voorkom.

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid raai die publiek aan om versigtig om te gaan met inligting sodat fopnuus nie versprei word nie. Die jongste en akkurate inligting is beskikbaar by www.westerncape.gov.za/coronavirus asook Wes-Kaap Gesondheid se Facebookblad by facebook.com/WCGHealth.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.