Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kunsgrasperk lyk pragtig

Ek geniet nogal hierdie debat oor die groen kunsgrasperk voor die stadsaal en is bly dat sommige inwoners nog nie die plastiektydperk betree het nie, al het dit lank reeds ’n aanvang geneem.

Ek wil dit ook nie regtig aanvaar nie, maar besef darem dat “plastiek” wel ’n positiewe rol kan speel, indien dit prakties en esteties is.

Wat is egter die grootste sonde, om jou omgewing onaantreklik te laat lyk, soos die Braak tans, of om ’n pragtige groenigheid neer te lê wat deur die meeste verbygangers waardeer kan word.

Die Braak is tans die onaantreklikste wat baie van die ouer garde dit nog ooit gesien het, en die gras, of gebrek daaraan, is die grootste bydraer. Dit word my belowe dat daar geen vals gras neergesit sal word nie.

Maar ek verstaan die stadsaal­probleme. Ons is so geneig om die “blerrie munisipaliteit” te verkwalik vir baie dinge en soms is dit nodig. Maar soms is dit ook nodig om te kyk na wat inwoners aanvang om die probleme van die amptenary te verstaan.

Die skade wat studente laatnag aanvang aan die grasoppervlakte as hulle van die klubs afkom, is ’n wesenlike probleem asook die skade wat met matriekafskeidgeleenthede plaasvind.

En dan moet die owerheid ’n voorbeeld stel om minder water te gebruik wat ’n gewisse uitwerking op die grasoppervlakte het.

Terloops, waarom die bohaai oor die vreemde en onnatuurlike “plastiek” as ons doodtevrede is met kikuyugras wat in die jare vyftig uit Kenia hier aangekom het en om stuitig te wees, met akkerbome wat in die laat 1600’s hul opwagting gemaak het.

Die stadsaal lyk vir my pragtig met sy nuwe groen tapyt rondom die Mandelastandbeeld.

Pietman Retief,
Stellenbosch
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.