Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Laat weet die polisie as jy lank nie tuis is nie

Verskeie klagtes van huisbrake is die afgelope maand by die Cloetesville-polisiekantoor aangemeld.

Die polisie sê dit blyk dat huiseie­naars wel hul vensters en deure sluit, maar die oortreders het die vensters en deure oopgedwing, volgens sers. Zenobia Sedeman, Cloetesville-polisiewoord­voerder.

“Ons maan graag die gemeenskap dat wanneer hulle hul wonings verlaat, hulle hul bure in kennis moet stel – veral oor naweke. Die Cloetesville-polisie beskik oor ’n leëhuisregister waarvoor gemeenskaplede die polisiekantoor in kennis moet stel, veral oor lang tydperke weg van hul wonings. Ons vra ook die gemeenskap om ons te skakel as hulle verdagte mense in hul gebied sien,” sê Sedeman.

Mense in buurte sonder ’n buurtwagstelsel kan die stasiebevel­voer­der, lt.kol. Francois Conradie, by 021 888 5940 of 082 411 2911 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.