Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leer lesse uit die jaar

Aan die einde van elke jaar is dit seker goed om terug te kyk na gebeure, hetsy dit nou hoogte- of laagtepunte was, wat die nuus aan die gang gehou het.

Hier in Stellenbosch was dit ook nie anders nie en het talle dinge deur die jaar gebeur wat ’n verskeidenheid mense op verskillende maniere geraak het.

Ongelukkig was daar ook heelwat hartseer en teleurstellings, maar terselfdertyd was daar ook gebeure wat mense gelukkig gemaak en tot groter hoogtes aangespoor het.

Voorbeelde aan weerskante van hierdie spektrum is legio en te veel om elkeen uit te lig.

Daar was wel groot gebeure wat die dorp in rep en roer gehad het, soos byvoorbeeld die onwettige besetting van wat nou as Azania bekend staan; die moord kort daarna op Stefan Smit, die eienaar van die stuk grond, en herhaalde betogings – wat soms gewelddadig geword het – oor grond en behuising. Hierdie is seker een van die taaiste tameletjies van ons tyd.

Aan die positiewe kant is aangekondig dat Stellenbosch ’n reusagtige kuns-triënnale gaan aanbied – iets wat in 2020 op ons wag.

Daar is verhale van mense wat teen alle verwagting in bo hul omstandighede uitgestyg en die byna onmoontlike vermag het deur persoonlike deursettingsvermoë en ’n passie vir wat hulle doen.

Heelwat groot mylpale is gevier, soos Delheim se 80ste verjaardag, Kanonkop wat ’n wêreld-eerste behaal het en Hoërskool Cloetesville wat sy 40ste bestaansjaar gevier het.

Die dorp se toerismevereniging is in ’n groot stap ontbind om die nuwe Visit Stellenbosch te vorm.

Hierdie en nog baie meer gebeure het die jaar gevorm – ook die reaksies van mense wat daarby betrokke was, maar ook dié wat blote toeskouers was.

Hopelik is lesse geleer uit die flaters wat begaan is. Ernstige foute moet nooit herhaal word nie en daar moet op suksesse voortgebou word. Dit sal help om Stellenbosch verder te lat groei.V Ons wens al ons lesers en getroue adverteerders ’n geseënde feestyd en voorspoedige 2020 toe. Ry veilig as julle iewers heen reis. Ons gesels weer in 2020.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.