Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leer om jou storie te skryf!

Kom ervaar die verlossende krag van skryfterapie in ’n werksessie aangebied deur prof. Lizette Rabe, professor in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch, gegrond op haar boek Om tot verhaal te kom (Lapa-uitgewers), wat pas verskyn het.

Die lewe gebeur met elkeen van ons en laat sy letsels. Egskeiding, siekte, misdaad, dood – ons almal ervaar trauma wat jou laat met die vraag: Hóé gaan ek voort? Die antwoord lê dalk in jouself: Skryfterapie. En dis waarmee hierdie werksessie jou wil help – om te begin om daardie deur na jouself oop te sluit deur daaroor te skryf.

Skryfterapie is ’n bewese manier om verlies en trauma te verwerk, ongeag die aard daarvan, en die beste nuus: ongeag jou skryfvermoë. Kom, maak ’n begin en begin om jou eie verhaal te skryf. Dis dalk net die regte tyd dat jy die dapperste reis van alle reise aanpak: die reis na jouself. Jy kan dit op soveel verskillende maniere doen: Jou memoire op jou rekenaar skryf, dagboek hou op papier, ’n blog begin, dig, rym of sommer net krabbel. Die eindproduk is dalk net vir jou eie oë bedoel, of dalk wil jy dit met die wêreld deel. Rabe se Om tot verhaal te kom is ’n skryfterapiegids propvol praktiese skryfwenke en inspirasie uit ander se werk. Die werksessie, in Afrikaans, sal jou help met wenke oor hoe “om tot verhaal te kom”.

Die joernalis en TV- en radiopersoonlikheid Lizma van Zyl het van die boek gesê: “[Dit is] ’n waardevolle boek wat die leser emosioneel bemagtig en met praktiese wenke toerus om hul pad na ’n nuwe lewe oop te skryf. Hierdie boek strek veel verder as net ’n roetekaart – dis ’n lewenslange reismaat.”

As jy dalk nog inspirasie soek, hier is ’n aanhaling van Nobelpryswenner Toni Morrison: “As daar ’n boek is wat jy regtig wil lees, maar dis nog nie geskryf nie, dan moet jy dit skryf.”

V Die skryfterapie-werksessie word ten bate van die Ithemba-stigting gehou en word aangebied in die Adam Small-teaterkompleks se seminaarkamer, hoek van Victoria- en Andringastraat, Stellenbosch (voorheen die HB Thom-teater).

Die werksessie word Saterdag 4 Mei van 10:00 tot 11:30 gehou, en die registrasie begin 09:30. Die koste is R225, en dit sluit koffie/tee en ’n muffin by aankoms in, asook ’n aantekeningboekie en pen.

Bespreek aanlyn by https://www.quicket.co.za/events/70250-kom-skryf-j-storie/ in en kontak Ithemba by ithembafoundation@mweb.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.