Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Lesersbrief: Verregaande dat Eskom nie vinniger kon help

Ek wil anoniem bly omdat ek in die volgende skrywe die algemene mening wil lug van ’n groot groep inwoners van die boonste gedeelte van die Jonkershoek-vallei.

Met verwysing na die Eikestadnuus-berig op bl. 2 van 8 Oktober 2020 oor die gesukkel sonder Eskom die volgende:

Daar was ongelooflike ontwrigting weens die werklik ongekende lang tyd wat dit vir Eskom geneem het om sekere dele van die boonste gedeelte van die Jonkershoekvallei se krag weer aan te skakel. Maar veral omdat dit byna onmoontlik was om enigeen by Eskom te oorreed om hul telefone te beantwoord in minder tyd as tot 45 minute!

Ons was van die middel van Donderdag 1 Oktober tot omstreeks 14:00 op Woensdag 7 Oktober sonder krag! Ons vra dus antwoorde op ons vrae. As voorbeeld, hoe is dit moontlik dat Copalavoro geen kragonderbreking beleef het nie? En hoe verklaar jy dit dat sommige van ons eers weer Woensdagoggend kon krag kry? En dit nadat baie huise in Kylemore toe reeds vir langer as drie dae weer Eskom-krag gekry het?

En let daarop dat dit nie waar is dat Eskom via verskeie kommunikasie­platforms met ons in Jonkershoek inligting gedeel het nie. Selfs ons raadslid en ons parlementêre verteenwoordiger kon geen sinvolle antwoorde kry nie.

Ons wil veral weet of dit waar is dat daar vertragings met die herstel was omdat werk deur kontrakspanne eers ingevolge wetgewing vir ’n tender geadverteer moes word!

In noodgevalle soos hierdie is dit verregaande dat daar nie baie vinniger gewerk kon word nie!

Anoniem,
Jonkershoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.