Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Liedjieskrywers het nou ’n kans

Die Jakes Gerwel-stigting en die Suidoosterfees nooi liriekskrywers en sangers wat oorspronklike liedjies in Afrikaans, Engels of Xhosa skep om aansoek te doen vir deelname aan ’n uitgebreide mentorskapprogram.

Die klem van dié projek val op eg Suid-Afrikaanse klanke en vars lirieke. Belangstellendes moet teen 28 Junie ’n voorlegging van hoogstens drie voorbeelde van hul lirieke saam met ’n kort motiveringsbrief en CV na theo@jgf.org.za stuur.

Die program fokus daarop om opkomende liriekskrywers die geleentheid te gee om hul vaardighede te slyp en om toegang tot die mededingende Suid-Afrikaanse musiekbedryf te kry. Suksesvolle kandidate sal van 1 tot 15 September aan die verblyfprogram by die Stigting se Paulet-skrywershuis in Somerset-Oos in die Oos-Kaap deelneem. Alle reiskostes, asook maaltye en verblyf, word gedek.

Frazer Barry, bekende musikant, skrywer, vervaardiger en televisieaanbieder, sal as die mentor optree. Na afloop van die program sal deelnemers saam met Barry en ander professionele kunstenaars aan ’n produksie werk wat in 2022 by die Suidoosterfees debuteer. Vanjaar was Drome het vlerke, die soortgelyke produksie saam met die vorige groep deelnemers, een van die feeshoogtepunte.

Naaim Briesies, wat verlede jaar deelgeneem het, sê: “Ek beveel enige kunstenaar aan om aansoek te doen en deel te raak van hierdie briljante inisiatief. Jou drome kan net vlerke kry onder Frazer Barry se leiding en mentorskap.”

Theo Kemp, die Jakes Gerwel-stigting se uitvoerende direkteur, se entoesiasme oor die projek is net so groot. “Gemeet aan die uitstaande aansoeke wat ons verlede jaar vir die eerste program ontvang het, is ek opgewonde oor die oes van vanjaar se jong stemme. Hierdie projek is gerig op die onmeetbare hoeveelheid talent daar buite wat ons graag wil help ontwikkel.”

Die Suidoosterfees vier die kunste jaarliks tydens hul fees en lewer ’n waardevolle bydrae om aspirantkunstenaars en gemeenskappe deur ’n verskeidenheid opleidingsprogramme te ondersteun en te ontwikkel. Die Jakes Gerwel-stigting bied opleidingsprojekte en skryfgeleenthede aan hoofsaaklik opkomende skrywers om sodoende nuwe stories en ervaringswêrelde wat in allerlei genres vertel word, na ons literatuur te bring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.