Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Loer in, loer af – in Stellenbosch se strate

By die eerste Toyota US Woordfees- kunstenaarsweek (6 – 11 April) kry 70 topkunstenaars uit ’n verskeidenheid dissiplines die geleentheid om hul vaardighede, idees en konsepte te verfyn.

Agt vooraanstaande fasiliteerders sal hulle touwys maak: die teatermakers Andrew Buckland, Gcina Mhlophe, Mmtumisang Motsisi, Sylvaine Strike en Jefferson Tshabalala, die danser-choreograwe Gregory Maqoma en Alfred Hinkel, en die digter en verhoogkunstenaar Jolyn Phillips.

Die gekeurde kunstenaars sal hul nuwe konsepte ontwikkel en aan die einde van die kunstenaarsweek as kort opwipvertonings in onkonvensionele ruimtes aanbied. Met dié Flikker & Flash-opwipvertonings wil die Woordfees ruimtes wat tans leegstaan, met lig en kuns vul en nuwe lewe blaas in ’n dorp wat swaar deur die pandemie getref is.

Waar: Stellenbosch-middedorp

Wanneer: Vrydag en Saterdag, 9 en 10 April

Aanbiedings:

Vrydag 9 April, 18:30 – 21:30: ’n Poësie- en musiekaand.

Saterdag 10 April, 16:00 – 18:00: Straatsoiree, aangebied deur Stellenbosch Wine Routes.

Saterdag 10 April, 18:00 – 22:30: ’n Wye verskeidenheid kort vertonings (5 tot 15 minute elk) met ’n orreluitvoering in die Moederkerk ter afsluiting van die feestelikhede.

Toegang:

Optredes is gratis, maar toeskouerkapasiteit sal beperk word en die Covid-protokol sal streng gevolg word.

Besoekers sal skenkings via SnapScan aan die Tribuo-fonds kan doen. Tribuo bied finansiële ondersteuning aan uitvoerende kunstenaars wat tans geen, of beperkte inkomste, as gevolg van die pandemie het.

Die Toyota US Woordfees- Flikker & Flash word moontlik gemaak deur die ondersteuning van Toyota, die Universiteit Stellenbosch, NATi, kykNET, Tribuo en die plaaslike vennote Stellenbosch Wine Routes en Visit Stellenbosch, wat goedgunstiglik verblyf teen afslagpryse aan die besoekende kunstenaars verskaf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.