Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Los eerder die plastiek
’n Seevoël “toegedraai” in plastiek. Foto: Twitter

Die feit dat daar volgens wetenskaplikes se berekeninge binnekort meer plastiek as visse in die see gaan wees, behoort almal te noop om aan die Plastic Free July-veldtog deel te neem.

Verskeie lande se regerings, waaronder Suid-Afrika, Brittanje en die Europese Unie, het onlangs oorlog verklaar teen plastiek wat eenmalig gebruik word. Miljoene mense het hulle al by die Plastic Free July-veldtog aangesluit.

Edna Molewa, die minister van omgewingsake, het op Wêreldomgewingsdag (4 Junie) gesê net 21% van alle plastiekafval oor die wêreld heen word herwin.

Die res beland in die omgewing, veral die see waar visse en ander seediere dit met hul voedsel verwar. Veral plastieksakke veroorsaak groot probleme aangesien seediere soos seeskilpaaie dit met jellievisse verwar en probeer vreet.

Die Verenigde Nasies se omgewingsprogram (Unep) het in ’n verklaring gesê plastiekvervaardigers moet verantwoordelikheid neem vir hul produk wat op olie gegrond is. Plastiekprodusente moet “sonder verwyl” alternatiewe ontwerpe vir hul produkte skep, het Unep gesê.

Hy het verbruikers gevra om te weier om produkte te koop wat in plastiek wat net een keer gebruik kan word, verpak is.

Om dié produkte te vermy is een van verskeie maniere hoe mense luidens die Plastic Free July-veldtog se webtuiste hul plastiekverbruik kan verminder. Luidens die webtuiste sê ses uit elke 10 mense wêreldwyd reeds nee vir die plastieksakke wat by winkels aangebied word.

Die webtuiste bied egter nog vele ander opsies om hierdie doelwit te bereik of selfs die verbruik van plastiek heeltemal uit te skakel. Enkele van die wenke sluit in:

* Om produkte te vermy wat in plastiek verpak word

* Om hervulbare of herbruikbare bottels en sakke te gebruik

* Om nie items soos weggooibare strooitjies, koppies en inkopiesakke te gebruik nie

* Om enige plastiekafval te herwin.

Luidens die webtuiste is ’n gedragsverandering die belangrikste verandering wat ’n mens kan maak om minder plastiek te gebruik.

Besoek www.plasticfreejuly.org vir inligting oor die veldtog en nog wenke hoe om plastiek uit te skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.