Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ma die inspirasie vir Ghanees se graad

“Jy sal nooit werklik groei as jy in dieselfde gemaksone bly nie,” is die filosofiese woorde van Kwame Donkor (29) van Ghana wat nog nie weer sy familie gesien het sedert hy meer as twee jaar gelede sy akademiese loopbaan aan die Universiteit Stellenbosch (US) kom voortsit het nie.

Donkor het verlede week sy meestersgraad in ingenieurs­wese ontvang. Sy navorsing het oor waterherwinning en die produksie van biobrandstof uit papierslyk gehandel. Hy het 90% vir sy meestergraad verwerf.

Die 29-jarige Ghanees sê sy kollegas wat nagraadse studente gedurende sy tydperk as ingenieursonderrig-assistent by die Kwame Nkrumah-universiteit van wetenskap en tegnologie in Ghana was, het hom aan die US bekendgestel.

“Ek het in Ghana as ’n studente-assistent by die universiteit se laboratorium gewerk en die meeste van die werk wat ons gedoen het, was nou verwant aan die US; dit is hoe ek die geleentheid gekry het om by Maties te kom studeer.”

“Dit het alles tussen 2009 en 2010 begin toe olie vir die eerste keer in Ghana ontdek is. ’n Nuwe program is net bekendgestel en ek was geïnteresseerd in die produksie van olie. Maar nadat ek besef het watter kommerwekkende uitwerking fossielbrandstowwe op die omgewing het, het my passie ontwaak en het ek my daaraan begin toewy om alternatiewe hernubare energiebronne te vind.”

Ondanks die feit dat hy al so lank van sy familie geskei is, sê Donkor sy grootste motivering in die lewe is sy ongeskoolde ma.

“Sy het my en my vyf sibbes geleer om elke liewe geleentheid in die lewe aan te gryp en om iets van onsself te maak.”

Hy sê hy was maar ’n gemiddelde student op hoërskool – dit was voordat sy pa ingegryp en hom oorreed het om elke dag drie ure ná skool saam met sy broer agter die boeke te sit.

Donkor, wat tans in Idasvallei woon, sê dat al kon sy familie nie die gradeplegtigheid bywoon nie, weet hy hulle is baie trots op hom en alles wat hy al bereik het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.