Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Maak tyd vir Aleit se besondere aanbieding

Die vierde seisoen vanTyd met Aleit, ’n leefstylprogram met die aanbieder Aleit Swanepoel, is in volle gang op kykNET.

Aleit is ’n die stigter van The Aleit Group en ’n plaaslike bekende gesig met gereelde motiveringspraatjies by Stellenbosse skole en optredes by openbare geleenthede in die dorp. Hy is ook ’n oudleerder van die Hoërskool Stellenbosch.

Hierdie seisoen is deurspek van groot name soos Brümilda van Rensburg, Chris Chameleon, Tamaryn Green, Emo Adams en talle ander.

“Dit is so ’n groot voorreg om ’n hele dag saam met hierdie bekendes in hul eie huise deur te bring. Omdat ons ’n hele dag lank saam met hulle skiet, het ek tussen opnames tyd om hulle beter te leer ken. Daar is diep oomblikke, skreeusnaakse minute en soms ’n paar ‘probleme’ wat vinnig gesystap moet word. Een van die grootste uitdagings van hierdie seisoen was sonder twyfel Brümilda se ‘taak’ aan my, waar sy ’n impromptu dramaklas aangebied het. Of die keer toe ons ’n dramatiese tafel vir Denise Newman op een van die Fugard-teater se statige verhoë dek en uitvind dat ons nie die kerse mag aansteek nie. En selfs ’n klein glipsie toe ek martini’s vir Mej. Suid-Afrika, Tamaryn Green, bedien en op die laaste minuut besef het sy mag nie alkohol in die openbaar gebruik nie. Ek moes darem vinnig ’n glasie appelsap uit een van die spanlede se boksies uit-‘sqeeuze’,” vertel Aleit.

Met dié seisoen se program voel Aleit hy kom regtig by die bekendes se hart uit en kan kykers sodoende meer gee. Hy ondervind dat baie van hulle ook al pyn ervaar en hartseer beleef het, en dit is besonders om dit met die kykers te kan deel.

“Net omdat hulle bekend is, beteken dit nie noodwendig dat hulle daarvan vrygeskeld is nie. Dit sal my altyd bybly dat sommige van hulle so bereid was om hul eerlike lewenstories met my te deel.”

Aleit se stilering pronk met allerlei aweregse en inspirerende idees – van ’n denimwoud tot ’n blombekte tafel en springmielies wat uit die dak hang.

Tyd met Aleit word elke Woensdag 18h00 op kykNET (kanaal #144 op DStv) uitgesaai.

Vandeesweek se gas is Chris Chameleon, met Demi-Lee Moore wat aanstaande week aan die beurt kom.

Aleit vind vreugde in alledaagse dinge, bestee so veel as moontlik tyd saam met sy 10-jarige dogter, Kateline, en het pas nog ’n pragtige hond, die Bouvier des Flandres, Anna, aangeneem.

Die uitsaaidatums is:

8 Mei – Chris Chameleon

15 Mei – Demi Lee Moore

22 Mei – Denise Newman

29 Mei – Pascal Pienaar

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.