Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man dood ná motor rol

’n Onbekende man is Saterdagaand (14 Desember) omstreeks 23:45 dood toe die motor waarin hy ’n passasier was op die R44 tussen Trumaliweg en die Paradyskloofpad in ’n ongeluk betrokke was.

Die Toyota waarin die man gery het, was na bewering teen ’n hoë spoed in die rigting van Somerset-Wes op pad toe die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het. Die motor het teen die sypaadjie vasgejaag en gerol. Die passasier is uit die motor geslinger en het sy kop teen ’n muur gestamp.

Die bestuurder van die voertuig en nog ’n passasier is lig beseer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.