Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man en sy voertuig gekaap

’n Afleweringsvoertuig is Dinsdag omstreeks 10:00 op die Bottelarypad in die rigting van Stellenbosch met bestuurder en al gekaap.

“Terwyl die voertuig die verkeerslig by die R44 genader het, het ’n swart Ford Fiesta verby dit gery.

“Die Ford het naby die aansluiting agteruit en in die aflewerings­voertuig vasgery wat veroorsaak het dat dit gestop het,” sê kapt. Nathalie Martin, Stellenbosch-polisie se woordvoerder.

Volgens Martin het die klaer uit sy voertuig geklim waarna die verdagtes ’n vuurwapen op hom gerig het.

“Een van die verdagtes het die klaer gedwing om terug in sy afleweringsvoertuig te klim en het toe deur Kuilsrivier na Nyanga gery. Die klaer is in Nyanga afgelaai en die voertuig is ook later daar verlate gevind.”

Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Enigiemand met inligting kan die Stellenbosch-speurders by 021 809 9140 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.