Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man wat glo oor wag ry wil saak ‘op goeie wyse’ afsluit

Die prokureur van ’n man wat deur kameras afgeneem is toe hy glo ’n karwag met opset omgestamp en bo-oor hom gery het, sê hulle hoop om die saak “op ’n ordentlike manier” op te los.

Johan Steyn (38) het Donderdag (27 Junie) vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn waar sy saak tot 12 Julie vir ’n streekhofbeslissing uitgestel is.

“Ons gaan probeer om die saak op ’n goeie wyse af te sluit sodat albei kante duidelikheid kry oor dié ding. Ons gaan maar hoor wat die staat uiteindelik sê en wat die hof beslis, maar ons gaan probeer om die ding op ’n beskaafde manier uit te sorteer,” het Bruce Hendricks, Steyn se prokureur, buite die hof gesê.

Hendricks het ook in die hof aangedui dat hy reeds in verbinding getree het met die staatsaanklaer van die streekhof met die oog op mediasie.

Steyn staan tereg op aanklag van poging tot moord nadat beeldmateriaal wat wys hoe iemand ’n karwag by Die Boord-winkelsentrum stamp, wyd op sosiale media versprei is. Die voorval het op 30 April plaasgevind en Steyn het homself ’n week later aan die polisie oorgegee.

In die video kan gesien word hoe ’n veiligheidsbeampte met ’n motoris wat by die verkeerde kant van die parkeerplek wil uitgaan, praat en met sy hande beduie.

Die motoris ry dan met die regterkant van sy bakkie bo-oor die beampte. Steyn se borgtog van R2 000 is verleng.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.