Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Mark bied iets vir almal

Dis weer tyd vir die volgende Retro Rendezvous-mark. Hierdie keer word die vere reggeskud vir die lente wat amper op pad is.

Dit vind Saterdag 18 Augustus van 09:30 tot 14:00 by die P.J. Olivier-kunssentrum plaas met vintage- en retroklere sowel as bykomstighede wat te koop sal wees.

Die stalletjies gaan weer sorg dat daar iets vir almal, ook vir mans, is en wissel van “glam” tot heerlike retroklere en -kleure. Die pryse wissel ook en daar is artikels van R50 tot R1 000.

Toegang kos R10 by die deur en dit is ten bate van die skool se beursfonds. Kinders jonger as 12 se toegang is gratis.

Vir nog inligting, besoek Retro Rendezvous se Facebook-blad en Instagram-profiel, of kontak die P.J. Olivier-kunssentrum by 0 021 886 4854.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.