Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Matie-studente beklemtoon omgewingskwessies

Studente van die Universiteit Stellenbosch het hierdie week ’n groot herwinningsprogram as deel van EkoWeek van stapel gestuur.

Dié week lange veldtog is gemik op bewusmaking van volhoubare praktyke.

EkoWeek, wat Maandag 4 Maart begin het en tot Vrydag duur, is ’n samewerkingsinisiatief tussen Golden Key Stellenbosch, die Verenigde Nasies Vereniging van Suid-Afrika Stellen­bosch, EcoMaties, Academics for Development en MatiesPAW.

Inisiatiewe word op dié verenigings se sosialemediaplatforms, veral op Facebook en Instagram, gekommuni­keer.

EcoMaties se openingsgeleentheid Maandag het ’n paneelgesprek met Misha Teasdale van Greenpop en ’n boomplant-inisiatief, ingesluit.

Alle koshuise en private studenteorganisasies (PSO’s) is genooi om vandeesweek aan ’n herwin-uitdaging deel te neem.

“Koshuise en PSO’s is genooi om deel te neem en soveel moontlik herwinbare materiale (soos papier, glas, karton, ens.) te versamel en die versamelings­proses op ons sosialemediaplatforms te vertoon deur #EcoWeek, gevolg deur die hutssleutels vir al die betrokke verenigings, koshuise of PSO’s, te plaas. Daar is ’n prys vir die koshuis, vereniging of PSO wat die meeste herwinningsmateriaal versamel,” sê Jannu Nieman, diensdirekteur van Golden Key.

Een van die aktiwiteite is om rommel Saterdag 9 Maart van 11:00 tot 14:00 op te tel. “Ons sosialemediaplatforms sal in die week wenke gee oor hoe om ekovriendelik te wees, daar sal meningspeilings wees oor groter kwessies rakende ons omgewing, en foto’s van die geleenthede sal natuurlik geplaas word,” vertel Nieman.

“Deur hierdie samewerking hoop ons om ’n meer volhoubare leefstyl onder ons medestudente aan te moedig; om vir hulle die voordele en moontlikhede van ’n omgewingsvriendelike lewe te wys en klem te lê op diegene wat só ’n leefstyl moontlik maak.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.