Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Meld altyd misdaad aan

Misdaad het die afgelope jaar skerp in Stellenbosch toegeneem.

Dis ’n groot bron van kommer vir owerhede sowel as inwoners van hierdie pragtige Bolandse dorp.

Stellenbosch-polisiekantoor is nom­mer 20 op die lys van die top-30-polisiekan­tore in die land waar die meeste aantal sake onder die 17 gemeenskapsverwante misdade aangemeld is.

Om dit ’n bietjie meer in perspektief te stel, is Stellenbosch-polisiekantoor nommer 20 van die top-30-polisiekantore uit die 1 138 landswyd (waarvan nagenoeg 200 polisiekantore in die Wes-Kaap is).

Stellenbosch se posisie op die ranglys kan natuurlik toegeskryf word aan twee dinge: Die toename in misdaad en dan ook die gereelde aanmelding van misdaad.

Ons troos onsself egter dat die laasgenoemde misdaad uitwys. Dit bly egter ’n bitter pil om te sluk.

Die statistieke toon egter net die aanmelding van misdade en nie die vervolging daarvan nie. In hierdie stadium is dit onduidelik hoeveel van hierdie sake suksesvol vervolg is en hoeveel teruggetrek is.

Vir diegene wat die moed bymekaar geskraap het om veral gesinsgeweld aan te meld, gee ons ’n klop op die skouer.

Ons besef dat die skade wat misdaad aan mense aanrig nie verlig kan word of tyd teruggedraai kan word nie, maar die gedagte dat iemand vir sy/haar misdaad gaan boet, is ietwat van ’n silwer randjie om die donker wolk.

Vir die polisie wat nou met die gemeenskap saamwerk om geregtigheid te laat geskied en howe wat alles in hul vermoë doen om misdadigers die straf te gee wat hulle verdien, sê ons ook baie dankie.

Een van die beste maniere om misdaad te beveg, is om dit aan te meld – al beteken dit ook ons is op die lys van die polisiekantore met die meeste klagtes.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.