Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Meld probleme maklik aan

Stellenbosch-munisipaliteit se ingenieursdienste het ’n WhatsApp-nommer beskikbaar gestel om dit vir inwoners makliker te maak om probleme aan te meld.

Gesie van Deventer, Stellenbosch se uitvoerende burgemeester, sê die munisipaliteit probeer dit so maklik as moontlik vir inwoners maak om diensleweringsprobleme aan te meld. “Dit is belangrik dat probleme reg aangemeld word, anders kan ons dit nie vinnig regstel nie. Enige probleme met water, elektrisiteit, vullisverwydering, paaie, stormwaterdreine en skoonmaak kan deur ’n vinnige WhatsApp aangemeld word.”

Die WhatsApp-nommer is 076 951 0768.

Van Deventer sê die nommer word 24 uur per dag beman en kan dus enige tyd gebruik word.

“Hoe vinniger ons bewus word van ’n probleem, hoe vinniger kan ons aandag daaraan gee ,” sê Van Deventer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.