Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Mense oor bos gewaarsku

Vervolg van bl. 1.

Gerrit Hendricks, ’n familielid van Banisi, sê hy is baie ontsteld met hoe hy sê “die polisie die soektog na Banisi hanteer het”.

“Nadat ons hom as vermis aangemeld het, het ’n polisievoertuig daar net een keer uitgekom en een huis besoek,” het Hendricks gesê. “Ek het die polisiekantoor gereeld gebel om te hoor wanneer hulle gaan uitkom. Ons het toe self beurte gemaak om na hom te soek.”

Hendricks het bygevoeg: “As hier ’n luiperd of ander wilde dier in die omgewing is, moet hulle meer doen om dit te vang.”

Volgens Martin het die ondersoekbeampte die oorledene se lewensmaat besoek en ’n onderhoud met haar sowel as die oorledene se tante gevoer.

“Lede van sigbare polisiëring het ook na Stellenbosch Square sowel as die groter Jamestown-gebied gegaan en rondgevra op soek na die oorledene.”

Die omgewingskenner Dave Pepler help die polisie in hul ondersoek om die soort dier in die eerste voorval te identifiseer.

Hoewel hy nie oor die ondersoek mag uitwei nie, het hy gesê luiperds word gereeld in Jonkershoek en Simonsberg gesien.

“Luiperdaanvalle is nie ongewoon nie, maar dit gebeur hoofsaaklik in die nag.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.